Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 22 JULIE 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin hierdie bulletin met die nuus van ʼn stil sleutel:

Dit is met leedwese dat ons aankondig dat die sleutel van Henk Veenendaal, ZS6ENK op Maandag 16 Julie 2018 op die ouderdom van 90 jaar stil geword het. Henk sal beslis gemis word tydens die Wesrand Amateurradioklub se weeklikse oggend net.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan sy familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

DIE ZS2 NAELLOOP VANMIDDAG

SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA HF FOON, DIGITALE EN GELYKGOLF KOMPETISIES IN AUGUSTUS

EN

NUWE KOMITEES VIR DIE CENTURION EN WESRAND KLUBS

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE ZS2 NAELLOOP VANMIDDAG

Dit is 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen radio amateurs in die Oos-Kaap en radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder en is vanmiddag tussen 14:00 en 15:00 UTC op die lug met gelykgolf-aktiwiteit tussen 7 000 en 7 040 kHz en foon aktiwiteit tussen 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz. Die uitruiling is RS- of RST-verslag en jou provinsiale of land afkorting.

'n QSO met 'n stasie in ZS2 is 2 punte werd, terwyl 'n QSO met 'n stasie in jou eie of ander ZS-roep areas (uit gesluit ZS2) of Suider-Afrikaanse lande 1 punt werd is. QSO's met die Port Elizabeth Amateurradiovereniging, ZS2PE, of die Border Radioklub, ZS2BRC, is 5 punte elk werd. Slegs een kontak per stasie word toegelaat. Vir ZS2-stasies is 'n QSO met stasies in ZS2 1 punt werd en QSOs met stasies in ander ZS-roep areas of in Suider-Afrikaanse lande 2 punte werd.

Logstate in die ADIF-, Cabrillo- of MS Excel-formaat en gemerk "my roepsein ZS2 Naelloop" moet ingedien word teen 29 Julie 2018 en per e-pos gestuur word aan zs2ec01@gmail.com. 'n Sertifikaat word toegeken aan die eerste, tweede en derde plekke in die kompetisie indien daar meer as vyf Logstate ontvang word.

NUWE CUBESATS BEREIK DIE IRS

Drie nuwe CubeSats is na die Internasionale Ruimtestasie geneem vir ontplooiing in Augustus. Die satelliete bekend as MAYA-1, BHUTAN-1 en UiTMSAT-1 is in Japan gebou deur studente van Malaysia, Bhutan en die Filipeine. Kollektief bekend as die BIRDS-2 konstellasie, sal die CubeSats ‘n gelykgolf baken uitsaai op 437,375 MHz gedurende hulle ses maande leeftyd. Elke een is ook toegerus met ‘n APRS digi-herhaler op 145,825 MHz en twee kameras vir aard observasie. Meer inligting oor die projek is aanlyn by http://birds2.birds-project.com/.
(Dankie aan die RSGB Nuus vir hierdie item.)

SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA HF FOON, DIGITALE EN GELYKGOLF KOMPETISIES IN AUGUSTUS

Die doel van die SARL HF kompetisies is sodat deelnemers soveel amateurs in Suider-Afrika as moontlik op die 20, 40 en 80 m-amateur bande kan kontak. Die Foon kompetisie vind plaas op Sondag 5 Augustus, die digitale kompetisie op Sondag 19 Augustus en die gelykgolf kompetisie op Sondag 26 Augustus. Daar is verskeie trofeë wat gewen kan word vir elke kompetisie sowel as vir algehele uitslae.

Die SARL HF Foon Kompetisie word op Sondag 5 Augustus 2018 tussen 14:00 en 17:00 UTC gehou met aktiwiteite tussen 14 125 en 14 300 kHz; 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz en 3 603 tot 3 650 en 3 700 tot 3 800 kHz. Die uitruiling is 'n RS-verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat vanaf 001 begin. Die Silent Keys Memorial SSB-trofee word toegeken aan die amateur wat die hoogste telling behaal; die Joseph White Trofee word toegeken aan die amateur wat die hoogste telling op een band behaal en die AKYAB-trofee word toegeken aan die amateur wat die hoogste telling behaal in sy of haar eerste jaar van foon werking (hierdie amateur moet sy of haar lisensie ontvang het tussen 1 September 2017 en Augustus 2018).

Jy luister aan ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

DIE RSGB EILANDE OP DIE LUG KOMPETISIE VOLGENDES NAWEEK

Baie DXpedisies sal op die lug wees in die week en gedurende volgende naweek se RSGB IOTA kompetisie. Een lys van aangekondigde operasies kan jy kry by www.ng3k.com/Misc/iota2018.html. Dit bevat inligting oor meer as 80 DXpedisies wêreld wyd. Baie eilande wat min op die lug is, sal geaktiveer word, so al neem jy nie deel nie, is hier ‘n kans om van hierdie eilamde te werk.
(Dankie aan die RSGB Nuus vir hierdie item.)

NUWE KOMITEES NA KLUB AJV’S

Tydens die Algemene Jaarvergadering van die Centurion ARK, is die volgende lede aangestel vir die komitee vir 2018/19:

Voorsitter: Ken Gurr, ZS6KN
Onder Voorsitter: Mario Brazzoli, ZR6UV
Sekretaris: Wally Moll, ZS6BCI
Tesoerier: Billy Strumpher, ZS6WPS
Tekniese Adviseer: Johan Keulder, ZS6CAQ en Dave Smith, ZS6AZP
Klubhuis Bestuurder: Steven Linington, ZS6RCA

By die Wes Rand ARK Algemene Jaar vergadering op 14 Julie is die volgende lede aangestel vir die Komitee vir 2018/19

Voorsitter: Geoff Levey, ZS6C
Onder Voorsitter: Nic van Duffelen, ZR6AEZ
Sekretaris: Phillip van Tonder, ZS6PVT
Tesourier: Gert du Plessis, ZR6GRT
Lede: Rory Crouch, ZS6RBJ; Stephen Reynolds, ZS6SJR; Shane Clarke, ZS6SC; Hein Schnetler, ZS6HES and Glen Andrew, ZS6GGA

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Tans is daar nou al vir 23 dae in 'n ry geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik.
Amateurs kan goeie openinge op die 20 en 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vanmiddag – die ZS2 Naelloop
25 Julie – die sluitings datum vir artikels vir die Augustus Radio ZS
28 Julie – AJVs van die Kaapstad ARS en die Namibiese Amateurradioliga en die sluitings datum vir RaDAR logstate
28 en 29 Julie – die RSGB se Eilande op die Lug kompetisie
29 Julie – die sluitings datum vir QRP kompetisie logstate
30 Julie – die sluitings datum vir ZS2 Naelloop logstate
05 Aug – die SARL HF Foon kompetisie
09 Aug – Nasionale Vrouedag en die SARL YD Naelloop
12 Aug – Internasionale Jeug Dag en die sluitings datum vir HF Foon logstate

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die ZS2 Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen radio amateurs in die Oos-Kaap en radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder en is vanmiddag tussen 14:00 en 15:00 UTC op die lug met gelykgolf-aktiwiteit tussen 7 000 en 7 040 kHz en foon aktiwiteit tussen 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz. Die uitruiling is RS- of RST-verslag en jou provinsiale of land afkorting.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003